06 March 2007

Suid Afrikaanse aksente.....

Sjoe, die een oomblik geniet ons die reen en dan tref ons 42 grade! Dis vrek warm die kant :-) Ek het vandag op 'n nuwe rotasie by 'n nuwe hospitaal begin en geniet dit vreeslik baie. Ek het toevallig in 2 Suid Afrikaanse dokters raakgeloop, of eintlik het hulle my raakgeloop in die verbygaan toe hulle my aksent hoor. Dit voel of daar SA op my voorkop geskryf staan, want waar ek ook al gaan is die opmerking: oh, a South African girl! wanneer ek ook al my mond oopmaak :) Maar dis heerlik en so gelukkig soos wat ek in my in nuwe tuiste is, so trots sal ek altyd bly oor SA. ( ek le nou maar laag, want AL die Australiese rugbyspanne het verloor die naweek en die SA spanne het ongelooflik goed gedoen! Ek het natuurlik op di een bank gesit en vir die STORMERS geskree en Cron alleen op die anner bank besig om vir die bulle te skree ( foeitog :) Nou maar toe, verder was dit 'n heerlike LANG naweek ( maandag was vakansiedag ) so ons was see toe vir die naweek. Ongelooflik lekker, gebraai, TV gekyk, geswem, geslaap,basies net rondgele! Dit was vir my so snaaks noudie dag toe dit so koud was, ek gesels met my vriende en se ek is nou so lus vir 'n heerlike koppie koffie met 'rusks' by, en hier kry ek weer daardie afwesige kyke terug. Ai tog. Hulle weet nie wat rusks is nie. ( en hier dog ek ek is oulik om te onthou wat beskuit in Ingels is! ) Vreemd genoeg weet hulle wat BOEREWORS is! En ietsie wat ek nou weer by hulle geleer het: pancakes is wat ons ken as flap jacks en Crepes is wat ons ken as pannekoek, of dis wat hulle se :-)

No comments: