28 February 2007

Pannekoek, internet & snorkel....





Ek hoop dit gaan nog baie goed. Ons het heerlike reen gekry vandag ( altyd lekker om oor die weer te praat, ne? :-) en het toe soos goeie tradisie dit betaam PANNEKOEK gemaak! Was groot bederf!
Verder gaan dit baie goed hierdie kant, ek is amper klaar met my eerste rotasie by die hospitaal en het dit baie geniet! Nog nooit so baie geleer in so 'n kort tydjie nie ( nie eens voor Neuro eksamens nie :)!
Baie mense vra my hoe ek OZ ervaar en hoe dit verskil met SA. Ek sal so tussendeur vertel daarvan, maar die vreemde ding daaragter is dat mens dit verskillend ervaar op verskillende tye. Toe ek die eerste keer OZ toe gekom het in Desember 05/06 was dit vir my 'n mooi plek, sonder berge. Toe in Junie 06 was dit mooi, met baie om te doen en ek het 'n goeie vakansie gehad. Nou is dit vir my heerlik. Die area waar ons bly is in Wes Australie in PERTH. Ons bly so 2 minute se ry uit die middestad uit in Shenton Park, 'n klein woonbuurt. Ek het opgehou om SA en OZ te vergelyk en sien die plek nou op sy eie. Die mense is so vriendelik en maak heeltyd grappies en soek rede vir 'n kuiertjie met ietsie om aan te knibbel ( klink soos ons in die koshuis! ) Met my verjaardag laasweek was dit so spesiaal, ek het die mooiste oorbelle gekry by my kliniese groepie en almal was gaaf en het my bederf met koffie en koek. Sommer net so! Ek sukkel nog 'n bietjie met die geld eenhede. 'n Dollar is ekwivalent aan omtrent so R5.50. Maar dit help nie regtig om so daarna te kyk nie! Ek leer maar elke dag wat is duur en wat is goedkoop. Iets wat ongelooflik is is die publieke vervoer. Ek ry gereeld bus en alhoewel ek nog nie die treine probeer het nie,is dit in tiptop kondisie. Verder is die buitelewe iets besonders. Elke aand gaan stap almal met hulle kiddies en honde, lekker familie lewe! ( ek mis my honde vreeslik baie :) !
Maar dit nou eers daar gelaat! Ek hoop dit het baie goed gegaan met almal se OSKES en toetse. En met die werkende mense, ek hoop dit is heerlik! Sal baie gaaf wees om te hoor hoe gaan dit met almal wat darem nou elke maand 'n tjekkie in die sak steek.
O JA! ONS IS OP DIE INTERNET!!!!!! Jip, daar gaan loer ek toe op die CAPE WEDDINGS webblad en ons Videograaf ( mooi woord vir die ou wat die DVD gemaak het !) het ons op sy webblad gebruik! Ons is die boonste 2 foto's as julle wil loer :
http://www.capeweddings.co.za/customers/dead-poet-productions
Die foto's hierbo is geneem toe ons gaan snorkel het op Rotnestt Island. Mens vat so 45 minute lange 'Ferry trip' en dan kan jy die hele dag op die eiland spandeer. Dit was ongelooflik en ons het die mooiste riwwe en visse gesien!
Ek hoop julle het 'n baie lekker week!

No comments: