25 February 2007

Indiese bederf en Hollywood...

Sjoe nog 'n week is op sy rug en ek kan byna nie glo ek gaan al vir my 9e week in Australie nie! Dit is bitter warm die kant, gelukkig het ons die luukse van 'n swembad! Nogals 'n massiewe een waarin mens lengtes kan swem ( dis nou seker as jy regtig wil :) maar ons geniet die bederf vreeslik baie. En die supermark is seker 20 meter van ons woonstel af, so roomys is ook nog binne my radius van moeite werd!
Die week was ongelooflik lekker en ek is baie bederf! Ons het na 'n Indiese Buffet Restaurant gegaan en 'n fees gehad.Verder was ons na die mooiste park area langs die Swan river en het die keer ons eie piekniekmandjie gepak en daar gaan braai tot die son gesak het, was soo ongelooflik mooi. By die Universiteit gaan dinge nog lekker aan die gang, het my laaste asseserings gehad die week en ek is baie bly om te kan se alles het baie goed afgeloop en het nog goed ook gedoen in party areas wat natuurlik 'n bonus is!
Gister was heerlik! Ek en Cron het die winkels ingevaar en 'n paar goedjies vir die woonstel aangeskaf. Ons het terugge kom met kussings en gordyne en tot selfs 'n groot plant vir die sitkamer! Cron het bietjie sy voet neergesit toe ek begin kkyk na die oulikste katjies, maar ek dink ek sal kan wegkommet 'n vissie of twee :) Net vir eers :) Sal hulle Theuns Jordaan en Chris Chameleon noem :)
Dit was so snaaks, want Vrydagaand het ons 'n bietjie in die stad gaan rondry en gekyk en toe ons terugkry was daar so 'n " random breatheliser (?! ) test ' wat die polisie doen om die hoeveelheid alkohol inbestuurders se bloed te bepaal, en net daar ebsluit ons toe dit lyk darem soos 'n bietjie aksie, maak 'n vinnige U-turn en gaan blaas in die pypies. Ai tog, smaal things ne? :)
Ek geniet die omgewing vreeslik, maar mis nogals die bekendheid van SA en sy mense. As ek net kyk na die winkels: Ek het nie 'n idee waar om die eenvoudigste ding te gaan koop nie. Dit is soos wat iemand roomys en vla by AC kermans wil gaan koop! Maar ek kom reg! En in die hospitaal ( weet nie of ek die al vertel het nie ) maar dit was nog aan die begin, toe soek en verbete na die houer met die bruin X-straal koeverte in! En kiepie soek en soek en soek en toe moet ek hoor, al die X-strale, CT's en MRI's word op die REKENAAR gestoor onder die pasient se naam. Het maar net gesmile en dankie gese.
En die ander keer, het my dood gelag na die tyd, maar moes die kamer verlaat omdat ek te veel gebloos het: Ek sit en neem 'n geskiedenis by 'n pasient en syt rugpyn en kla van bietjie artirites en sit met die suurste gesig en vertel my sy was nou net by Hollywood ( I went to Hollywood last week, but they couldn't help me ") en ek is van 'okay', en vra haar toe heel vrolik hoe was dit en why did she go there ( een of ander psigose dalk? Bisarre gewoonte? Geloof? ) en ek los dit toe nou maar daar en gaan aan en ondersoek etc. En toe ek moet voordra, heel deurmekaar,nie lekker georienteerd nie en weet nie presies of die probleem die rugpyn of psigose is nie, vind ek uit: Hollywood is die private hospitaal. ( now you can count on the Ozzies to name a hospital HOLLYWOOOD ) Ai tog. Ek bloos nou nog. Die foto is geneem van ons balkon af, mooi ne? Nou maar toe, ek wens julle 'n ongelooflike week toe en hoop dat dit gaan nog baie goed met julle!

2 comments:

Anonymous said...

You are gorgeous.

Anonymous said...

Julle het pragtig gelyk!!!!!!!