Ek hoop dit gaan nog baie goed daardie kant. Hierdie is een van daai briefies wat vinnig halloo sê, 'n paar kiekies stuur en 'n staaltjie of twee vertel. Dit gaan BAIE goed die kant en ek en Cron geniet onsself gate uit! Dit is belewenis om die land met sy kultuur te leer ken en almal is so gaaf en wil ons net heeltyd nuwe dinge gaan wys.Ek geniet die Universiteit baie, is mos besig met my 6 weke Interne blok. Nou ja toe, my groot OSCE was toe gister ( jammer vir die nie-mediese mense, hoop julle kry die emosie deur die 'nou ja toe :) Het laasweek 'n kleiner een gehad, lekker Kardio met 'n heerlike hartgeruis en LHV en RHV. En toe stap ek gister onverwags in die prof vas wat my moet eksamineer en die sê toe, 'Oh, I have a great patient for your observed case! En toe moet ek gaan. Wat anders is die kant, jy moet voor die prof 'n geskiedenis ( volledig, selfs al het hy 'n toonkramp...) neem en probeer bietjie dit doen terwyl jy stress, in engels moet onthou van tenses en is en are en met 'n vinnig eyeball kan sien : "die tannie het 'n stroke gehad" en teselfdetyd stress want ek weet die volgende vraag gaan wees "so, where is the leison?" en terselfdetyd hoop en bid jy kry iets soos hartversaking op die patient en dat die stroke 'n ou ding is :) Ai tog, toe nie. Kry toe vir die heel eerste keer 'n NEURO OSCE en ek is gelukkig genoeg om te kan sê dit het baie goed gegaan. Ek kon toe darem myself help en dit was nogals snaaks om te sien hoeveel ek van Ben Page se NEURO anatomie kon onthou , moes onder andere die OPTIC PATHWAYS teken, dankie tog dit was die een kraniaalsenuwee wat ek gespot het! Nou ma toe, eers genoeg vertel my dag gister!
Verder gaan dit baie goed. Ons het vandag lekker gaan braai langs die Swan River wat so ongelooflik mooi was en bietjie deur die park gaan stap. Ek het vandag saam met my kliniese groep en konsultante gaan pannekoek eet en dit was so lekker om net te ontspan saam met van die OZ mense. My engels vorder darem so bietjie vir bietjie en ek moet nou begin oppas om nie my Afrikaans heeltemal met Engels te meng nie. Die foto is van die mooi uitsig oor die stad vanaf Kings Park waarheen ons gereeld gaan. Sal lekker wees om van julle te hoor!
No comments:
Post a Comment