
Die heerlikste bederf: 'n pakkie van die huis. Ai tog, ek wat nooit 'n behoorlike koshuisbrak was nie kan nou getuig van die wonderlike gevoel wat jy kry as daar 'n "pakkie van die huis" af wag om oopgemaak te word! Die keer is ons bederf met 'n hele tas! Wintersklere, trougeskenke, nog trougeskenke, 'n leesbederf in die vorm van 'n paar tydskrifte en 'n handskrewe briefie van mamama en papapapa. Dis seker anders omdat ons gemmigreer het, maar 'n pakkie bly 'n pakkie :) Ek pak dit stadig uit en geniet elke item van voor af! En dan sommer so op dieselfde dag kom my nuwe Finesse en Rooi Rose hier aan. Ek was gelukkig genoeg om te kon inteken op beide die tydskrifte vir 'n jaar en vandat ek in Januarie al die vorms ingevul het, het ek al op die punt van my stoel gesit in afwagting vir die 2 geskenkies om op te daag. Het nou sommer leesstof vir 'n maand :) Nou om terug te kom na my titel wat klink soos 'n verdeerde version van Richard en Lochner se treffer, ek het vandag vir die eerste keer op 'n Oz trein geklim. Mooi voor die masjien gestaan, gese hoeveel zones ek gaan kruis, betaal, opgespring en weer afgespring. Tjoef-tjaf :) Ek werk nou op my eie in die distrikhospitale in die middae, die dat ek die trein moes vang, maar meeste van die oggende werk ek in die stad. Ons roteer elke rotasie na 'n ander hospitaal en die 2 weke is by Royal Perth Hospital. Sal nog 'n paar foto's stuur van die asemrowende mooi stad, nou eers terug na my pakkies :)
2 comments:
Hi Marcelle ek het nou mooi lang briefie geskryf en toe vee slimmie dit mos uit. Ek hou van jou webbladsy, dis lekker om al jou stories te lees en myself net intedink. Kom nounet van die gim af en voel sommer leke na die oefening. Laat my terug dink aan ons gim dae. Is daar 'n tydverskil tussen ons en julle?
ELkeval jy moet al jou dingetjies geniet en mooi kyk na jouself.
Baie liefde Michelle
Sorry foutjie gemaak, Is daar verskil tussen ons en julle tyd? - tipiese Michelle ding om te doen.....en nou is nog so embarrassing want almal lees dit seker nou :-)
Post a Comment