Die lang dae te danke aan "Daylight Savings" is heerlik!!! Dit is so 'n instelling wat vir die eerste keer hierdie jaar probeer is en hulle skuif dan die hele dag se ure met een uur aan. M.a.w as dit eintlik 18h00 is, wys dit 17h00 op ons horlosies nou. Dit maak dat die dae lekker lank is en dat dit tot laat toe lig bly. Die dat ons sommer so op 'n weeksaand kan gaan braai! Ons het ons piekniekmandjie gepak ( dankie boeties Abri en Gerno vir 'n wonderlike 21st geskenk :) en toe besluit ons ons gaan braai. Sommer net so! Die hondjie wat saam met ons kuier, is Charlie, die nuwe toevoeging tot die Wolvaardt familie. Hy behoort eintlik aan Cron se ouers, maar kuier gereeld by ons. Verder gaan dit baie goed, ek het nog 'n plantjie bygeskry en vorder eintlik vrek stadig met die hondjie-projek :) Adriaan ( cron se boetie ) se meisie, Anja kuier nou hier en dit is so 'n fees om in Afrikaans te kuier! Grappies werk darem partykeer net beter in Afrikaans :)
20 March 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment