Soos my sussie sou se: "my jinne"! Hier staan ek vanmiddag voor die mikrogolfoond (een van RSA ) en bars uit van die lag, want dis net ons Suid afrikaanse mense wat "BOBOTIE" en "MEALIE-PAP" knoppies langs die DEFROST en POWER knoppie sit :-) Dit was 'n heerlike naweek sover! Ons het see toe gekom ( Cron se ouers bly hier, maar hulle is in die kaap, so ons het 'n vakansiehuisie-by-die-see! ) en net ontspan! Die enigste afrikaanse leesstof wat ek in die hande kon kry was 'n Huisgenoot van die SAwinkeltjie, het myself gate uit geniet en hom van hoek tot kant verslind! ( insluitende ons DrDawie se advies :) Verder geniet ons die see & het 'n bietjie in die winkels rondgedwaal en oulike stoele met 'n bypassende tafeltjie vir die balkon gekoop. ( raak nou behoorlik huisvrou, weet wanneer wat 'n bargain is en as dit oulik lyk, is mos dit altyd 'n bargain :)
Ek het hierdie week op Onkologie gewerk en dit was 'n ongelooflike ervaring. Dit was meestal kliniekwerk met 'n bietjie saalwerk in die hospitaal. Die pasiente hier is baie anders as die waaraan ek gewoond was in SA, jy het ander siektes en ander probleme, maar daarmeesaam het jy ook ander spesiale ondersoeke tot jou beskikking. Dit kan in baie gevalle ongelooflik voordelig wees, maar die nadeel daarvan is dat jy 'n eenvoudige UTI kan mis omdat 'n MRI dit nie wys nie . Maar nou eers genoeg daarvan. My nuwe projek is om 'n paar potplantjies te kry en mooi groot te maak ( sien, baby steps: begin met 'n plantjie, dan dalk 'n vissie, dan dalk 'n maatjie vir die vissie en voor ons onsself kan kry, het ons n katjie en 'n hondjie ! perfek :) en die ander goeie ding van die week is dat ek nou heerlik hospitaal toe kan stap! Dit is letterlik minder as 10 minute se stap, as ek fiks voel die oggend maak ek dit binne 5 minute, meestal vat ek dit rustig ( dit is after all meer oefening as wat ek in die afgelope jaar gedoen het ) maar miskien is dit nou die begin van 'n lekker oefening roetine! Klink soos iemand :) wat my nou kort gelede vertel het hy gaan nou begin gym en met 'n torso spog wat hom sal toelaat om net sywaarts deur te loop...

1 comment:
Hello Cellie!
Ek sal in die volg versigtig met my comments wees, siende dat menigte oë dit op die internet kan vind, maar ek is bly dat ek 'n inspirasie jou kan wees om te begin oefen!
Dinge loop nog lekker hierdie kant, etiek bly 'n joke ('n groter joke as my gymprogram) en ek probeer nou maar my laaste klasse bunk voor ek die geleentheid ontneem word. Ai, hoe gaan ek nie teoretiese blokke mis nie!
Die kinners bly maar vir my snaaks die kant. Ek het nou maar besluit Dave en Chris moet trou nou dat dit legal en als is (of ek dink dis nou legal). Hulle is tog so oulik as hulle stry! He He, kan jy imagine.
Wel soos jy kan sien, praat ek net strooi want (you guessed it) ek bunk klas. So ek moet nou maar gaan en kyk of als wat ek sê op die internet kom.
Bye
Christoff
Post a Comment