My jinne( soos Landie weer sou sê:)! Daar staan ek toe heel verbouereerd in my BLOU scrubs ( jip, lyk of ek in Greys moet speel :) en weet nie lekker wat om met myself te maak voordat hulle beginmet die teaterlys nie, toe 'n narkotiseur ( jammer aan alle aspirant narkotiseurs, maar julle is partykeer 'n bietjie weird :) my vra " Are you doing the c-section theatre?" en kiepie antwoord: " No, I am doing the Gynae Clinic, AG MAN, Gynae theatre" En toe uit die bloute uit kom die narkotiseur met: Hey, jys mos vannie Kaap! Ai , ek het so lanklaas "ag man" gehoor, dis te pragtig! Waar het jy ge-study? ( kiepie: Stellenbosch- Tygerberg:) "My kwit, ek is ok 'n Matie!"....Ai, wat 'n voorreg om met Dr Green te kon paaie kruis. Dit was onbeskryflik. In 'n vreemde land voel dit of jy met familie gesels as jy iemand van jou wereld af ontmoet. Dit was verseker een van my beste ervarings nog en ek sal dit vir altyd onthou! Jou land bly maar in jou bloed, makie saak waar jy is nie. Verder gaan dit baie goed die kant. Ons het gaan rotsklim laas naweek! Jip, ROTSKLIM! Dit was ongelooflik! Met 23 mure om van te kies en die opwinding om elke keer weer af te "abseil" het ons al 4 ( Cron, ek, Jan en Rene) dit natuurlik oordoen en kon vir 2 dae nie ons arms optel nie!!!
16 April 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment