Ek hoop dit gaan nog baie goed met almal, net nog 5 daggies en dan is dit KERSFEES!!!! Ek kan regtig nie glo dat die jaar amper op sy rug le nie, sooo baie dinge het gebeur en ek het soveel stories om te vertel :) Ek sit nou hier en tik vir julle terwyl my shortbread koekies in die oond bak en die beskuit staan en wag ook hulle beurt af - vandag was bakdag en ek het seker 'n halfdosyn baksels koekies en beskuit aangemaak! Helfte is darem vir geskenkies,soos vir ons buurtannies en vriende, maar die res is vakansie bederf! Ons woonstelblok het baie ouer mense in en hulle doen vreeslik moeite met die kersversierings - tinsel om die trappe en 'n hele kerstoneel op die eerste vloer, so dit voel behoorlik soos kersfees die kant. Ons het eergisteraand my kersliggies ( dankie vir die pakkie mamma! ) opgesit en ons het 'n oulike playlist opgestel met 'n paar BONEY M treffers :) Te lekker!
Verder gaan dit baie goed die kant, ek is tans besig met my elektief in Dermatologie by die hospitaal net agter ons en geniet dit vreeslik baie.My jaar het baie goed afgeloop, ons het ons punte so 2 weke gelede gekry en dit het baie goed gegaan, ENGELS en al!!! Dt was nogals 'n drama, want hulle bel jou as jy NIE deur is nie, en die dae wat hulle uitgesit het was Dinsdag, Woensdag en Donderdag, so vir 3 dae lank hou jy jou foon dop en skrik jou boeglam vir elke vreemde nommer!Gelukkig was daar geen vreemde oproepe nie!!! En ek het bestuurlisensie ook gekry!!Ek moes wraggies die hele besigheid oordoen, van learners gaan skryf tot vir die prakties rytoets ook gaan --- AAKLIG!!! En hier is nie toetsbane nie, nee, hulle vat uit in die dorp en dan moet jy ry. En dan is daar sulke oefeninge, soos jy het iets by jou huis vergeet en dan moet jy omdraai en dan moet jy weer letterlik gaan stop in 'n parkeerarea vir shopping, nie hoe nie, parallel parkeer in 'n besige parkeerarea EN gangparkeer ( die agteruit ene ) Gelukkig kry ek toe my lisensie en het hom sommer vir 5 jaar vooruit betaal, ek gaan dit wraggies nie weer doen nie :)
Ons kom kuier in Februarie by die huis! Kan nie meer wag nie! Ek vertrek die 8e Februarie en sal dan die eerste naweek by my boeties en sussie in Pretoria kuier en dan die Maandag vlieg ek Kaap toe. So ek sal van die 11e Februarie tot so die 1e Maart in die Kaap wees en dan die laaste week gaan ons bietjie Dikhololo toe vir 'n week.Ons sal seker ietsie vir my verjaardag op die 21ste ook kan organise, so sal almal op hoogte hou :) Dit sal heerlik wees om te kuier en op te vang met almal se nuus en stories, so kom maak groot asseblief 'n draai! Ons sal seker meeste van die tyd in Stellenbosch by my ouers wees. Ek hoop my SIM kaart werk nog daai kant, sal julle nader aan die tyd laat wat my nommer is, dan kan ons reel as ons daar is.
Hoop dit gaan nog baie goed met almal! Baie liefde m
Hoop dit gaan nog baie goed met almal! Baie liefde m
1 comment:
Post a Comment