Laat ek gou eers die vertel: Saterdagoggend vroemore is daar 'n klop aan die deur. Nou kiepie maak toe oop en hier staan 'n ou tannie wat in ons blok bly ( regtig oud , ek praat van tagtig! ) met 'n SIMBA ( baba leeutjie waaroor Lion King gaan ) masker op en sy grom! EK dog ek slat net daar neer van die lag! Ai dit was kostelik! Toe se sy sy het die maskertjie in 'n tydskrif raakgeloop en dit toe uitgeknip want sy het gehoop "it reminds you ( us ) of home! " Dit was pragtig.
Verder reen dit al 'n paar dae hierso, wat wonderlik is vir die boere en dit is natuurlike perfekte verskoning vir pannekoek en sop. Gepraat van sop, ek het 'n hele pot vol butternutsop gekook en die is nou midagetes! Heerlik! Verder het ek en Cron vir ons 'n groot yskas gekoop! Was dit nou nie lekker om in elke denkbare winkel in te gaan en na yskaste te kyk met deurtjies wat orals oopmaak, ysmasjiene en wie weet watter fancy goedjies ook al! Het darem 'n ordentlike een gekry en dit word nou die week afgelewer uit Sydney uit.
Dit gaan baie goed met ons en ek dink ek kan nou na 6 maande hierso se dat ek goed aangepas het. ( dankie mamma en pappa vir goeie wortels :)
"As jou wortels goed is kan jy op enige plek maklik groei en blomme dra"
No comments:
Post a Comment