14 June 2007

Naweek 'down south' !!!

My vakansie het offisieel Vrydagmiddag begin en ons( ek, Cronje, Rene en Jan ) het direk in die kar gespring en die lang pad na 'Karry Valley Resort' naby Margaret River aangedurf. Dit is so 4 ure se ry suid van Perth en dit was al lekker donker toe ons daar aankom en net mooi koud genoeg om die heerlike kaggel in die huisie in te lyf! SAterdag was 'n absolute fees. Ons het vroeg opgestaan, GROOT ontbyt saam gemaak en daarna gaan roei op die mooiste rivier. Verder het ons rots geklim tot by 'n pragtige waterval , putt-putt gespeel, weer ge-canoe, pyl en boog geskiet en die mooiste groot boom ( van oor die 70 m ) geklim! Die aand het ons 30 seconds gespeel ( dankie mamma en pappa vir die beste kersgeskenk ooit :) en poker. Sondag het ons rustig huistoe gery en by 'n miljoen plekkies oppad gestop. Dit was so lekker om 'n bietjie meer van Australie te sien en ons het die naweek ongelooflik baie geniet! Nou le daar 'n heerlike luilekker vakansie vir my voor! : )

No comments: