
Sjoe, dit was nou so lanklaas wat ek ietsie getik het dat ek nou heeltemal my draad verloor het :) Eerstens, hierdie is ons oulike nuwe motor waarvan ek so paar weke terug vertel het. Die publieke vervoer is uitstekend hier en ons gebruik ons karretjie eintlik maar min, maar dis heerlik om sommer net so in te spring en die pad te kan vat. Die afgelope naweek was nogals 'n sosiale ene :) Ons het Vrydagaand 'n verjaardag braai by vriende gehad en tot na twaalf toe gekuier en tot selfs 'n Steve Hofmeyer DVD stukkie gekyk. Toe Saterdagoggend het ons 'n ontbyt by die Suid Afrikaanse kerk bygewoon wat gegaan het oor "Tuis in 'n ander land, tussen ander mense". Dit was baie goed en ons het nogals baie nuwe mense ontmoet. Toe was dit natuurlik rugby... tot 03h00 in die oggend. Gelukkig was dit die moeite werd en weereens het ons Steve se Bloubul kliphard gespeel! Sondag was mos Moedersdag en ons het my skoonouers hier gehad vir middagete. Heerlik gekuier en 'n regte egte boere ete gehad met skaapboud en patats en aartappels en Tannie Ronel se broccoli hoender :) Maar die dag gaan ook met 'n storie saam... Dit was my eerste moedersdag sonder my ma en dit was aaklig! Nou pleks daarvan dat ek my liewe ma bel en se hoe lief ek haar het, bel kiepie Saterdag hoog in die nood en vra raad oor watter vleis om te koop en hoe om dit gaar te kry en tjank oor niks wat uitwerk nie ( te klein potte, vleis se name in Engels en afval wat tussen die ordentlike vleis op die rakke is....chaos!!!) Ai, my dierbare ma het niks minder nie as 'n uur met my op die foon gespandeer sodat haar bloedjie wat in die verre Australie is tog tussendeur die verlange 'n behoorlike bord kos op die tafel kon kry! Maar soos my oupa altyd gese het" All's well that ends well" en met my wonderlike ma en Kook en Geniet het ons 'n heerlike Moedersdag gevier en tot selfs die lekker ete met Lemon Meringue afgesluit! Verder gaan dit baie goed. Die weer het gedraai en die Herfs is so mooi met sy roesbruin blare. Ons verlang nog baie na almal en praat elke dag oor julle...
No comments:
Post a Comment