01 May 2008

2008


Hoe gaan dit? Sjoe, my eerste briefie van 2008... en ons trek al in MEI! Dit was 'n ongelooflike jaar sover. Ek het die jaar afgeskop met my elektief in Dermatologie en het 'n baie goeie tyd gehad. Dalk doen ek nog eendag iets in Derma, sal maar sien waar die pad my vat :) En toe het ek 4 wonderlike, ongelooflike, weke gehad in my vadersland. Dit was soooo lekker, ek gaan dit moeilik vind om te beskryf. Die plek was sooo mooi en ek het heerlik gekuier. Die aankoms was nogals ietsie wat ek vir altyd sal onthou, ek het vir MAANDE daarna uitgesien!


Ek het eerste by my sussie en boeties gekuier in Pretoria en Landie het my soos 'n celebrity op die lughawe ingewag- bordjie wat se: "Mevrou Wolvaardt" en als. Dit het nog 'n storie daaragter: Ons was in 1998 as 'n familie saam oorsee en toe ek die mense op Parys se lughawe sien met al hierdie bordjies ( natuurlik in Frans geskryf) dog ek hulle is werkloos en bedel!!! Inelkgeval, ek was in trane om my wonderlike sus te sien en ons het 'n hond uit 'n bos gekuier! Ek kon lekker saam met my boeties, Abri en Gerno ook kuier en het tot selfs na 'n Ferrari show toe gegaan saam met hulle! Dit was ongelooflik om weer al 4 saam te wees en net te kuier.Kaapstad: my ma het my ingewag op die lughawe en dit was soos uit 'n movie- trane, tasse neergooi en omhelsing oor die reelings! Dit was ongelooflik om haar te sien. By die huis het my pa gewag en die hele tranedal was weer van voor af! Dit was sooo lekker om by die huis te wees! Sjoe, ons is sooo bederf en my ma'lle het die yskas propvol gehad!! Die hele 4 weke was ongelooflik en dink nog gereeld daaraan. Ek kon weer opvang met al my spesiale vriende en dit het gevoel asof ek nooit weg was nie. Ek het 'n baie spesiale naweek saam met my vriendinne gehad en ons het byna niks geslaap nie- van alli gesels! ( jou gemis Ann!!!) Ons het toe 'n heerlike week gespandeer by Dikhololo ( Tokolollo soos iemand sou se :) in die Bosveld saam met my boeties,sussie,Warren en Emma en dit was die perfekte afsluit van ons vakansie. Ons het 'n heerlike tyd gehad en ek kan nie wag om weer te kom kuier nie!


Hierdie kant het my jaar ook begin (eers lekker in die helfte van Maart! ) en is ek nou offisieel 'n "pre-intern" soos hulle ons hier noem. Ons kry begin November graad, so dit is minder as 7maande!! Kan nie glo nie. Ek hierdie week klaar met my eerste blok en dan nog net 3 om te gaan. Is nou lekker gemaklik in Perth en ek geniet dit terdee. Die taal is nie meer so vreemd nie ( ek het darem nog 'n trotse SA aksent! )en ek verstaan nou hoe dinge werk. Het totselfs 'n "tax file number" en "superannuation"fonds! Dit is darem snaaks om te sien hoe ver mens kan kom in 'n jaar.( en hoe aanpasbaar mens eintlik is! )


Verder is die weer besig om te verander dit raak nou Herfs die kant. Die bome is sooo mooi en dit is die perfekte verskoning vir pannekoek vir aandete! ( ek maak deeg aan en Cron bak:) Ek kan nie glo dit is al my tweede Herfs in Perth nie!!!!!!
Hoop dit gaan baie goed met almal.
Mooi bly en baie liefde
Marcelle

1 comment:

Qposter said...

It is a great pleasure going through your site because I love your every post. That's why I have bookmarked your site to check out new stuff from you. Thanks for sharing ...