27 October 2007

Lekker Basaar...

Hi! Ek het hierdie briefie vir my familie aangestuur, maar ek deel dit sommer met julle ook :

Sjoe, ek is nou soet tot agter my ore toe! Ons kom nou net van die jaarlikse KERKBASAAR! Dit word elke jaar gehou deur die Afrikaanse Kerk hier in Perth, dis die een wat ons ook so nou en dan bywoon en dan gaan hulle groot! Hulle het ewe 'n basaar komitee ( soos alle basaars maar het :) met tannie wat organise en beplan en pelikaanbekarms rondswaai :) Anyway,dit was sooo lekker! Cron het al vroemore gaan help tafels aandra en paar "flops" by die pannekoektafel gekollekteer vri "arm jong getroudes :)" Dit was Theuns Jordaan en Steve orals en die hele liewe kerk het amper op aandag gestaan toe 1) bloubul speel en naturrlik 2) De La Rey. Ai mens doen snaakse goed as jy in 'n anner land is :) Cron het die basaarpoeding tannies gaan charm en 'n paar bakkies gekoop met " 'n ekstra skeppie vir die groot seun " en ek was in beheer van pannekoek! Die biltong was sooo duur, flippen $12.50 vir so 'n klein 250 g sakkie, maar koop het die ooms gekoop! Gelukkig het hulle baie "testers" gehad en kon mens darem proe voor jy die biltong of droe wors koop ( of in ons geval, kon jy darem proe:) Verder het ons heerlike boerewors rolls geeet, sommer vir ontbyt en middagete en het die lekkerste pakkies sweets gekoop, van inspuitings met kondensmelk in ( Cron se gunsteling - jak as jy my vra :) tot daai lekker rice crispie koekies met die marshmallows en Klein Kook en Geniet se chocolate koekies ( kon nie Landie se hawermoutkoekies opspoor nie:) Hulle het hierdie huge Boeke Paradys daar gehad en ons het pragtige boeke gekoop! Daar was so 'n lekker hoop Saries en Rooi Rose en Huisgenote en ek het natuurlik so 'n paar huistoe gebring. Vrouens is mos "gatherers" soos die grotman se, of ek aard net na mamma ;) Ons het darem ook die tradisionele TOMBOLA tafel besoek en met 'n paar bargains weggeloop ;) Jy trek so 'n nommer en dan kry 'n pakkie lekkers of iemand se ou speelgoed - gelukkig het ons die lekkers gewen, wat eintlik troospryse was, maar ons het so gehoop ons wen dit! Daar was so baie oulike goed vir die konders ook, van IDOLS kompetisie tot springkastele en goed wat moet omgooi en vang en ek weet nie wat alles nie. Die dag was ongelooflik geselling en almal was so opgewek! Springbok truie was die hele wereld vol met oom wat daai hemde dra soos Pappa het - wat so eenkleur is oor die skouers en dan 'n ander kleur vir die res- alles in so 'n OUTBACK faded look kleur :) was soo lekker om weer 'n tipiese SA saterdag te he!

Hoo dit gaannog baie goed met almal!

No comments: