10 August 2007

Kiddies en Perth Spirit.....

Sjoe, dit was nou 'n tydjie vandat ek laas ietsie vertel het! Dit reen katte en honde die kant en ek piekel elke oggend met sambreel busstop toe - voel al soos Mary Poppins! Laasnaweek was heerlik! Ons het 2 van ons vriende, Hannetjie en Etienne se verjaardae gevier met 'n behoorlike Suid Afrikaanse braai en het totselfs De la Rey en 'n bietjie Steve H ook geluister!DIe foto is by hulle huis geneem met Cron se verjaardag- hulle sit heel regs. Verder werk ek nog baie lekker in die kinderhospitaal. Dit is nogals 'n fancy hospitaal, al is dit 'n staatshospitaal. Elke kiddie kry sy eie DVD speler waarop hulle kan DVD's kyk of TVspeletjies speel!So ek kyk heerlik Toy Story en Shrek so tussendeur al die saalrondtes- groot bederf :) En daar is sulke "Patch Adams"dokters wat "saalrondtes" doen en dan vir die kindertjies speelgoed uitdeel en hulle laat lag. Ons is tussendeur ook nog besig om ons trippie Kanada toe in September te beplan. Cron se broer, Stefan trou met 'n kanadese meisie en nou gaan ons 'n heerlike makietie in Kanada he! Dit gaan so laat somer wees in Kananda daardie tyd so ons gaan bietjie toer ook! Verder gaan dit baie goed met ons. Ons het nog 'n hele spul Suid Afrikaners deur die selgroep by die kerk ontmoet en het al 'n paar goeie vriende, Suid Afrikaners en Ozzies gemaak. Ons het vanaand gaan rugby kyk saam met 'n paar Australiers wat so gesellig was. Dit is nou amper iets soos die Curriecup wat hier aan die gang is en vanaand was Perth( Perth Spirit) vs Sydney (Waratahs). Gelukig het ons gewen en ons kon heerlik saam met die Ozzies skree vir 'ons' span! Ek was daar net my Stellenbosch Medies reenbaadjie en Cron met sy Springbok een, maar skree het ons geskree! Go Perth Spirit! :)

No comments: